Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Cover image for Die Tuinier Tydskrif

Die Tuinier Tydskrif

Sep 01 2026
Magazine

Die Tuinier Tydskrif verskyn maandeliks landswyd en is daaraan toegewy om tuiniers te inspireer deur praktiese raad te gee en tuinprojekte stap vir stap te wys. Ons maandartikels sluit in tuinontwerp, diepteplantartikels, die kweek van groente en kruie, watertuinmaak, tuinwildlewe en troeteldiere, spesialisplantartikels en veel meer. Ons het ‘n omvattende databasis op ons webwerf wat daagliks groei.

Welkom

FLENTERNUUS EN KNIPSELS

BRIEWE

Vra die span

Leon Kluge se fynbos-pronkstuk kom huis toe

Namakwalandse madeliefies

Die tuin wat twee keer gegroei het • Wat begin het met duisende sorgvuldig gekweekte plante en ʼn steil, verwaarloosde terrein, het ʼn gelaagde tuin vol kleur, beweging en verrassings geword. Hierdie merkwaardige landskap vervleg terrasse, vindingryke aanplantings en bospaadjies tot ʼn reeks onvergeetlike tuinervarings.

Juwele IN VUUR GESMEE • Baie van die land se mees ikoniese spesies groei nêrens anders op aarde nie en is reeds onder druk weens habitatverlies. Om veldblomme in Suid-Afrika te pluk, is onwettig kragtens nasionale bewaringswetgewing, en selfs die versameling van saad uit die natuur vereis ʼn permit.

Droom VAN CHELSEA • Mei se beroemdste blommeskou is dalk ‘n halfrond ver, maar sy 2026-lesse geld net soveel vir Suid-Afrikaanse tuine.

Lenterande, reg gedoen • Die meeste huiseienaars wil dieselfde ding van hul tuin hê: dat dit goed lyk sonder dat dit hul naweke in beslag neem. Omranding en randakkers vertel die verhaal van ‘n goed versorgde buitelugruimte, en om dit netjies te hou, is tyd goed bestee. Die regte gereedskap maak dit meer doeltreffend en aangenaam.

WAT OM TE PLANT

Plante MET ’N DOEL • Die hoeksteen vir gesonde ekosisteme en die ondersteuning van natuurlewe in voorstedelike tuine en hul onmiddellike omgewing is die regte plante.

Kleur vir halfskadu of son • Lente is ʼn tyd vir sterk, pragtige kleure, en hierdie plante is presies wat jy nodig het vir gedeeltelike skadu of helder sonkolle.

Die Jaar van die FICUS • Die nasionale tuinburo in die VSA het 2026 as die Jaar van die Ficus verklaar, daarom het ons gedink om weer na hierdie veelsydige huisplante kyk.

Sorteer somer uit met salies • Met so min as net drie toppresterende salviahibriede, kan jy ʼn helder, kleurryke kol skep wat gons van bye, skoenlappers en nektardrinkende voëls…

Teken in en wen • Staan hierdie maand ’n kans om Husqvarna-produkte ter waarde van R9 000 te wen!

IN DIE KOSTUIN

ALLES OOR uie • Smaaklike geregte begin met die kap van ‘n ui. Baie kry dan knoffel by, en selfs ‘n hand vol gekapte grasuie. Dit is drie tipes alliums in een gereg.

ASHWAGANDHA • Een van die jongste gonswoorde wat ons hoor, en wat ons klaarblyklik in ons dieet nodig het, is Ashwagandha. Interessant genoeg het hierdie plant van sy wortels in Afrika, insluitend Suid-Afrika.

5 GROEN LENTE-groente • Ons hoor voortdurend ons moet meer groen groentes eet. Maar hoekom?

SAAIGIDS

WATER-wyshede

3 nuttige heining-plante • Die basiese vereistes van ‘n goeie formele heiningplant is een wat vinnig en dig groei, altyd groen is, ‘n netjiese groeiwyse het en weer vinnig herstel na ’n snoei.

DOENGOED IN DIE TUIN

Dopluise

5 belangrike lente-take

Snoei konifere • Konifere groei aktief in die koeler maande, en as jy dalk nagelaat het om in die winter te snoei, kan dit nou nog in die vroeë lente gedoen word terwyl temperature steeds koel is.

Wat om nou te saai

LENTEBEHANDELING vir jou grasperk • Elke grasperk benodig ‘n bietjie ekstra sorg na die winter. Die proses verskil effens afhangende van jou klimaat en die grootte van die grasperk, maar die beginsels bly dieselfde…

DIEP WORTELS: Waarom die Wilde-olyf die boom van...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans