Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Cover image for Baba & Kleuter

Baba & Kleuter

Uitgawe 2 Van 2026
Magazine

Baba & Kleuter is die enigste Afrikaanse ouerskaptydskrif in die land. Ma's wat net die beste vir hul kinders wil hê maak staat op ons vir raad en inligting. Ons is passievol oor ouerskap en maak ma-wees makliker vir jou. Baba & Kleuter is`n ouerskaptydskrif wat alles dek van swangerskap tot en met graad een. Ons inspireer ons lesers met deeglike, inspirerende artikels om beter ouers te wees en hul kinders met selfvertroue groot te maak. Ons skep `n gemeenskap van oopkop Afrikaanse ouers wat almal glo in heilsame gesinne waar elke gesinslid hom- of haarself ten volle kan uitleef. Lees Baba & Kleuter, en jy sal klaar soos 'n beter ouer voel.

ONS KOOK VOORT!

inboks • E-pos jou brief na sharing@ypbmagazine.com en kry ’n kans om te wen!

JOU FOTOBLAD

Klein seuntjie, groot persoonlikheid • Noah du Toit van Meyerton, Gauteng, (19 maande oud) wil net buite speel, verkieslik saam met sy pa. Ma Kelly, wat die wenfoto geneem het, vertel ons meer.

ONS SOEK VIER WENNERS VIR 2027!

SAFARI OP SES! • Aruhan se safari-partytjie is volop inspirasie vir self maak en mooi maak en lekker speel! Ma Gerdri het haar verbeelding vrye teuels gegee.

KRINGE IN ’N BOS • Bring die betowerende rustigheid van die woud na jou kleinding se kamer. Natuurlike hout, bosgroen skakerings en sagte, aardse teksture skep ’n warm en rustige ruimte.

Kuier om DIE BRAAI • Vier die warmer weer met ons eksotiese braaigeregte.

KRAAKVARS BOEKE • Wasbere, ysbere, feetjies en babadrake … daar is iets vir elke ouderdom en voorkeur. Kinders wat lief is vir lees, sal nooit verveeld wees nie.

10 TOP-WENKE VIR VREDE IN DIE HUIS • Met dié stappe kan jy dissipline baie doeltreffend toepas en jou kinders toerus met vaardighede wat hulle eendag baie nodig gaan hê.

HULP VIR ALLERGIEË ...aa...tiesjoe! • Dis tyd vir die bytjies en blommetjies ... en stuifmeel en grassade. As jou spruit sukkel met seisoenallergieë, nies sy waarskynlik te veel om die lente te geniet. Ons kyk hoe jy kan help.

15 FEITE WAT VERRAS • Hier is 15 dinge wat jy moet weet voor jou baba gebore word.

SEWE SKETE opgelos! • Wie het gesê swangerskap is altyd maklik? Hier is raad vir al daardie lastige pyne en skete.

WAT JY nie MOET EET NIE! • Watter kos is veilig en wat nie terwyl jy swanger is?

VRAE & ANTWOORDE • E-pos jou vrae na sharing@ypbmagazine.com Vrae kan ongelukkig nie persoonlik beantwoord word nie.

MOEG? VEG SÓ TEEN UITPUTTING • Hier is nege maniere waarop jy kan sorg dat jy teen die einde van jou swangerskap nie heeltyd poegaai voel nie.

KRAAM OF NIE? • Hoe weet jy of jy werklik aan die kraam is en of jy jou dit net verbeel?

BEHEER SO DIE PYN • Van medisyne tot massering, van water tot weeklaag ... hier is wat jy kan doen om die geboorte minder seer te maak.

HY IS STEEKS SOOS ’N DONKIE

WAT’S NUUS swanger

RIG BABA DEEGLIK IN • Ons deel ’n paar produkte wat beproef en getoets is om ’n seepgladde terugkeer werk toe vir jou en jou baba te verseker. Beskikbaar by Takealot, Amazon en goeie babawinkels landwyd.

BÊRE JOU BORSMELK • Hoe om jou melk doeltreffend en veilig vir latere voedings te berg.

BROOS & GEBORGE • ’n Goed deurdagte babakamer hou jou kosbare nuwe baba veilig, rustig en gesond.

WAT SKUIL IN DAAI DOEK? • Jou pasgeborene se stoelgang sê eintlik baie van sy gesondheid. Dís wat jy moet weet.

VRAE & ANTWOORDE • E-pos jou vrae na sharing@ypbmagazine.com Vrae kan ongelukkig nie persoonlik beantwoord word nie.

BRANDBOUDJIES Oorsake & oplossings • Die kans is groot dat jou pienkvoet die een of ander tyd brandboudjies gaan opdoen. Leer hoe om dit te...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans