Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...
Tasbare vreugde
AGTER DIE SKERMS • Esma Marnewick was in Februarie vanjaar deel van die eerste amptelike groep om die nuwe Baviaanscanyonroete, die susterroete van die gewilde Luiperd-slenterstap, te voltooi. Lees haar storie op bl. 36.
Weg!
BRIEWE • Het jy iets interessants gesien op jou reise? Stuur vir ons ’n brief, ’n e-pos of ’n posduif en sê jou sê.
V & A • Elke maand beantwoord ons kenners lesers se vrae oor voëls, insekte en diere. Stuur jou vrae gerus na 🖰 redakteur@weg.co.za
KYK HIER!
KORTLIKS
VIER VRAE • Die botanis Rupert Koopman van Kaapstad vertel oor sy passie vir fynbos, stapslypskole en wat lesers kan doen om flora te help bewaar.
Skilpaaie van die Karoo
AFTREK PLEK
Bly oor in Bloem • Willem van der Berg het in 2012 as reisjoernalis op Bloemfontein beland juis omdat die stad in die middel van soveel topbestemmings is: Die Karoo, Kalahari, Namakwaland en Drakensberg. Toe hy sy vrou, Daleen, hier ontmoet, het hy gebly. Vir hulle is Bloemies nie eintlik ’n stad nie: Hier groet mense mekaar nog op straat en word jy sommer gou vir ’n braai genooi.
BOEKE & MUSIEK
Uit die dagboek van ’n sprokie • Dink jy ooit daaraan om jou voorstedelike huis vir ’n huisie in die woud te verruil? Jacques Marais en sy gesin het van Vishoek na Harkerville in die Tuinroete gesemigreer om meer in voeling met moederaarde te leef.
Op koppe en in klowe… • Op die Baviaanscanyonroete verken ’n mens die hoë plato’s en diep skeure van die Baviaanskloofberg. En as jy klaar gestap is, span jy uit in die luuksste stapkamp ooit!
Kry my in die vallei • Winterton, aan die oewer van die Klein-Tugelarivier, is die poort na die Sentrale Drakensberg. Hier, in die skadu van Cathkinpiek en Champagne Castle, lê ’n vallei propvol avontuur.
Liefde en dood rondom Keelafsny • Jy kan dalk dink die naam Keelafsnyleegte is opgemaak. Maar daar ís so ’n plek doer in die wye Boesmanland. En jy sal nie glo watse stories, wonderwerke en mense hier woon nie.
MENSE SE LENSE • Stuur jou beste foto’s na 🖰 menseselense@weg.co.za. Dalk kies Toast Coetzer joune vir die volgende uitgawe, en dan kan jy by almal op die familie se WhatsApp-groepie spog!
Skatte in die water
Skink 'n skuimkop! • Knak ’n bier vir diep rykheid in hierdie winterresepte.
Dis hoog tyd vir tee • Tee is een van die oudste drankies in die wêreld, en danksy die Chinese word dit al duisende jare deur die mensdom geniet. Ons eie rooibostee is self nie vandag se kind nie en word al sedert die Khoisan se dae geniet. Deesdae word tee plaaslik op allerlei interessante maniere aangewend – ons drink dit koud, in mengeldrankies, geur ons kos daarmee en geniet dit natuurlik steeds op die outydse manier.
’n Bielie van ’n bakkie uit Suid-Korea • Met sy unieke voorkoms gaan die splinternuwe Kia Tasman nie maklik misgekyk word nie – dié breker is ’n behoorlike dubbelkajuitbakkie wat die groot spelers in Suid-Afrika se mees mededingende voertuigsegment kan aanvat.
BLY HIER
Waar water genees • Badplaas se nuwe naam, eManzana, beteken “genesende water”in siSwati. Albei die name dui op die warmwaterbron wat sorg vir vet pret in die gelyknamige oord. Maar in die vallei rondom die dorp, aan die voet...