Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Cover image for SARIE

SARIE

Sept/Oct 2026
Magazine

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

EERSTE SÊ

NATANIËL SÊ

ons wêreld

JULLE SÊ

VIOOLTJIES, VERE en hoop ANNA DAVEL • Sy’s toegewyd, soms puntenerig, dalk ’n bietjie rebels, maar altyd vernuwend. In die byna drie dekades tussen haar Crescendo-wen en vanjaar se eerste Kanna-toekenning het Anna Davel haar hart en siel op die verhoog gegee

VAN WAAGHALS TOT BLOMMEMAN 'EK MOES NIE MEER HIER GEWEES HET' • Hy was ’n SA kampioenrenjaer en ’n waaghals in Hollywoodflieks. Toe loop ’n toertjie op stel skeef. Ettiene du Toit moes sy twee beroepe prysgee en ’n kopskuif maak . . . na die sagter wêreld van blomme

SARIE VOORBLADGESIG 2026

LIZE Draaie, 2de kanse drome en • Nou staan sy weer voor die kamera, maar dié keer nie as ’n jong meisie nie, eerder met ’n lewe se ervarings. Vir haar is elke einde ’n nuwe begin en sy’t juis 45 geword ’n dag ná sy as wenner aangewys is . . . Ontmoet Lize Marshall, eienaar van ’n dekorboetiek in Durbanville. Ook doener en dromer

KATE ‘Ons sien nie altyd ons eie mooi’ • Kleintyd is die lewendige rooikop oor haar hare gespot, nou is dit haar trots. Sy’t geleer ‘anders’ maak jou juis besonders. Daarom dink Kate Heyns (18), matrikulant van die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad, vandag twee keer. Sy aanvaar nie sommer nie, sy kyk wéér. Sy vra . . .

Agter die skerms • ’n Week in die Kaap, dae in die fotografiese ateljee met grimering, hare, klere en juweliersware. Als vir ’n SARIE-voorblad en ’n een-keer-in- ’n-leeftyd-ondervinding vir ons Top-7

ONTMOET NOU ONS borge • Vanjaar se SARIE Voorbladgesig- en Nuwe Gesig-wenners kry nie net elk ’n unieke SARIE-voorblad en R10 000 kontant nie, maar deel ook in die Top-7 se onvergeetlike ervaring en wonderlike geskenke. Lees hier!

Kos & wyn • Dit bring mense bymekaar. Sedert die ontstaan van die mensdom is dit hoe ons mekaar koester en die lewe geniet. Vir dié vier vroue – een ’n kookboekskrywer en die ander drie wynmakers – is kos en wyn ’n liefdestaal. Kom klink saam ’n glasie op hulle!

F1 VANDAG NETFLIX MODE & 350 KM/H • Hoe het 22 motors wat teen meer as 300 km/h in sirkels jaag, een van die wêreld se grootste popkultuurverskynsels geword? DEUR Lydia van der Merwe

DITSEM, DEMIN • Denim bewys weer eens waarom dit ’n ikoniese gunsteling is – met nuwe snitte, kleure, interessante teksture en vars stylkombinasies wat die seisoen oorheers

mode dinge

VELSORG WAT BLOM • Die lente is sinoniem met blomme. Nie net bekoor hulle in ons tuin, klerekas en huis nie, maar ook in velsorgprodukte waar dit saamwerk om jou vel te kalmeer, bevog en vernuwe

LANGER Die nuwe facelift? • Dit gons oor radiofrekwensietegnologie, ’n nie-ingrypende prosedure wat beloof om die vel te lig en kontoere te definieer

bederfprodukte Luuks

mooi dinge

PLAATKOEK opgetof • Weeg, meng, bak, versier. Plaatkoeke is die maklikste manier om gou iets te bak en ja, ook te beïndruk. Maak die seisoen se soet moeiteloos met een van ons 5 resepte, elkeen prentjiemooi versier

kos dinge

MISTERIE van ’n glasruimte • Aan die rand van die inheemse Knysnawoud is ’n tuin en ’n onthaallokaal van glas geskep wat jou bekoor met sy uniekheid. Dis onmoontlik om nie hier bewus te wees van die wonder van die natuur nie

woon dinge

LIG NÁ...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans